Verlede maand
Son en kykNET: Lag My Kla
lag my kla,son,kyknet
Son & kykNET bied aan Lag My Kla  ~ 

3 Julie 2020

PERSVERKLARING: Son en kykNET: Lag My Kla

Son, die land se eerste Afrikaanse tabloid-koerant, loods eersdaags in samewerking met kykNET, die DStv-kanaal vol lewe, die aanlyn komediereeks Lag My Kla’.  Suid-Afrikaners is mal oor aanlyn humor en by Son glo ons ook lag is die beste medisyne, daarom het ons hoog gespring toe ons die geleentheid sien om die eerste aanlyn komediereeks in Afrikaans te begin. Watter beter manier is daar nou om die maagspiere te kielie en terselfdertyd die plaaslike kunste en ons kunstenaars te ondersteun?

Met dié kompetisie betrek ons nie net lojale Sonlanders wat die koerant in druk en aanlyn volg nie, ons gaan ook sommer ons lesers en die breë gemeenskap vermaak en bemagtig. Gesoute komediante is aan die stuur om deelnemers in elke stap van begin tot einde te mentor. Ons sal  die komediante elke Maandag in Julie op ons sosiale media platforms onthul. Hulle sal onder meer die finaliste se skryf- en stage performance-talent help ontwikkel.

Oud en jonk kan deel hê aan die reeks. Al wat jy hoef te doen, is om ’n video van 30 tot 60 sekondes te maak waar jy skoon en  oorspronklike grappies in Afrikaans vertel. Whatsapp jou video voor 30 Julie aan Son by 076 956 8692.

Gedurende Augustus sal Son kort uittreksels van sekere inskrywings in die sosiale media deel voordat ons in September die finaliste bekend maak.

’n Paneel grapjasse sal dan kyk watter videos hulle die lekkerste laat lag om ons 60 semifinaliste te kies. Daarna word die top-12 gekies, wat dan gementor word deur die pro’s.  

Ons top-12-finaliste sal op 25 September op ons digitale platform meeding om te wys wat hulle geleer het. Die publiek en ’n paneel van die borge kry elk ’n 50%-aandeel in die kies van die wenner.Die publiek kan van 25 September tot 30 September per SMS vir hul gunsteling-deelnemer stem. 

Die wenner van die kompetisie word dan op ’n Watch Party op Vrydag 2 Oktober regstreeks op son.co.za aangekondig.

By Son is almal wenners en elk van die 12 finaliste kry ’n kontantprys. Die wenner stap natuurlik met die grootste prys weg en sal ook ’n gasverskyning op kykNET maak. 

So, begin solank oefen aan jou grappe en maak seker jy skryf voor 30 Julie in. Onthou jou grappe moet skoon en oorspronklik wees. Skryf in via WhatsApp op 076 956 8692. Die video moet hoogstens ’n minuut lank wees. 

---

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters