Verlede jaar
Rita Ora wys ál haar talente en strip vir Krismis
Foto: BlackSportsOnline  ~ 
Foto: BlackSportsOnline

Een persoon wat in die Krismis Spirit is, is Rita Ora.
Die sangeres het die klere laat waai vir dag drie van Love tydskrif se stoute 2016 Kerskalender. 
Rita dans op The Andrews Sister’s Boogie Woogie Bugle Boy wanneer sy besluit om bietjie meer vir die kamera te wys.


Die 26-jarige het ‘n Bavarian uitrusting aan, maar nie vir lank nie.

Sy lig aanhoudelik haar rok op en het op ‘n tyd ook ‘n paar sexy dungarees aan, met niks onder dit nie.

Daar is een toneel waar Rita met niks anders as ‘n sterretjies wat net haar nippels toemaak gesien kan word nie.
Sy is beslis op die stoutlys vir vanjaar.


Die tydskrif se jaarlikse adventkalender is ‘n verskoning vir bekendes om hul sexy kant te wys en vanjaar is geen teleurstelling.

Dag een het Bella Hadid in swemklere gehad op die maat van Eric Prydz se Call On Me video. Gister was dit Irina Shayk wat die bekroonde toneel van Ghost herskep het in ‘n opstoot bra en vuil pottery wiel.

Ons kan maar net wonder wat more gaan wees. – dailystar.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters