Verlede jaar
'n Uur seks break voorgestel word horny werkers
 ~ 

Indien ‘n nuwe wet in Swede goedgekeur word, kan werkers wie ‘n quickie kort, vir ‘n uur huistoe gaan vir ‘n stomende sessie met hul partner gaan.

Om ‘n geboorte-tekort te verhoed sal werkers ses uur van die werkweek gegee word om liefde te maak.

Sweedse Sosiale Demokratiese party lid, Erik Muskos, het die voorstel tydens ‘n raadsvergadering gemaak.

Hy het tydens die vergadering gesê seks breaks in die middel van die week sal kantoor produksie en kindergeboortes ‘n hupstoot gee.

Die land het reeds ‘n fiksheidsuur om produksie in die werkplek ‘n hupstoot te gee.

“Kindergeboorte moet ook aangemoedig word.

“Seks is ook ‘n uitstekende vorm van oefening, met bewysde positiewe effekte van welstand. Die munisipaliteit kan twee vlieë met een klap slaan en werkers aanmoedig om hul fiksheidsuur te gebruik om huistoe te gaan om seks te hê.

“Ek glo seks is ‘n skaars kommoditeit in lang veerhoudings. Die daaglikse lewe is stresvol en kinders is saans by die huis. Hierdie is ‘n geleentheid vir paartjies om hul eie tyd te hê.”

Ongelukkig vir Muskos en die horny werkers in Swede is sy voorstel was vernederend deur kritici beskryf. – DailyStar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters