5 maande gelede
My ongeskikte vrou dryf my na moord
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL nie tronk toe gaan nie, maar hierdie vrou dryf my tot moord.

Sy dink sy is die man, maar as daar k*k is, dán weet sy wie die man in die huis is.

Ek is soos ’n hoender. As sy besluit die ligte moet afgeskakel word, dan moet dit af. As ek toilet toe gaan, mag ek nie die lig aansit nie.

Dit voel ek kan haar vermoor soos sy my bloeddruk opstoot.

Sy is 56 en ek is 51, maar ek lyk nie ’n dag ouer as 30 nie.

Voor mense tree sy soos ’n engel op, maar hierdie mense weet nie dat sy uit die put van die hel kom nie.

Gee asseblief raad, voor ek iets onverantwoordeliks aanvang. Verskoon my taal, maar sy is ’n skynheilige donner.

Ek is lus om my goed te vat en te loop, maar hoekom moet ek gaan swerf en haar gelukkig hiermee maak? – D van B, WhatsApp

Mens, as jy nie wil tronk toe gaan nie, hoef jy mos nie in hierdie situasie te bly nie.

Van al die goed wat jy noem wat hierdie vrou so verkeerd doen, noem jy nêrens dat sy ’n gun teen jou kop hou nie.

En omdat jy nog sulke jong looks het soos wat jy beweer, hoef dit mos nie ’n issue te wees om iemand anders op te raap nie.

Jy het ’n keuse. Jy het altyd ’n keuse. As jy nie gelukkig is nie, moet jy ’n plan maak.

Dit baat nie jy kla en kla, maar roer nie ’n vinger om jou omstandighede te verander nie.

As julle oor ligte stry, beteken dit elektrisiteit tel meer in dié setup as jy.

En as julle oor sulke onbenullighede kan stry, beteken dit dalk julle verhouding is al lank verby sy expiry date.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters