2 maande gelede
Meisie in relationship met getroude ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS in ’n relationship met ’n ou, but hy is ’n getroude man.

Antie, ek het nooit geweet hy is getroud nie, want toe ons bymekaar uitgekom het, was sy vrou daardie tyd in die Baai.

Ek het eers agterna uitgevind, maar het baie lief geword vir hom.

Hy respekteer my, maar ek het hom gesê dat ek nie ons relationship meer feel nie. Ek kan hom nooit sien wanneer ek wil nie en hy werk baie.

Hy het vir my gesê hy is net saam met sy vrou ter wille van hulle kind.

Los

Antie, ek verstaan dit, maar kan nie daarmee voortgaan nie. Op die ou einde gaan my ma-hulle baie teleurgesteld in my wees omdat ek met ’n getroude man is.

Ek het hom gesê as hy my regtig liefhet, sal hy haar los.

Maar dit is nou vier dae dat ons nie met mekaar praat nie.

Wat moet ek doen? – Deurmekaar Girlfriend, WhatsApp

Meisa, eintlik het jy lankal jou antwoord. Hiervan is sy vier dae van stilte ’n stille bewys.

Hierdie man is nie van plan om ooit sy vrou te los nie.

Die verskoning dat hy net saam met haar is ter wille van hulle kind, is pure stront.

Al dié tyd is jy niks anders as sy skelmpie nie – een wat hy onder meer vol liegstories pomp. Moenie jou tyd en lewe verder mors met dié man nie.

Sien sy stilte as die beste ding wat ooit met jou kon gebeur het.

Hou op deel daaraan hê om trane in ’n ander vrou en onskuldige kind se lewe te saai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters