Verlede jaar
Horny ou breek by sekswinkel in vir sekspop
The Adult Shop  ~ 

'n Ou was so horny hy het by 'n sekswinkel ingebreek, waar hy nie net 'n sekspop gesteel het nie maar ook nog eers porn gekyk het.

Polisie is tans opsoek na die boef wat The Adult Shop in Bury geteiken het. Hy is met 'n £300 (R4 800) Heidi Lauritsen sekspop daar weg.

Hy het glo deur dieselfde gat wat hy in die dak gemaak het om in te breek, ontsnap.

Alan Brook, eienaar van die winkel, sê: "Dis seker 'n skaam kliënt wat nie die guts gehad het om dit te koop nie. Want daar is baie ander waardevolle goed wat hy kon gevat het, soos 'n rekenaar en DVD-speler."

Polisie is Sondagoggend tot die winkel ontbied, terwyl Brook nou sy stukkende dak moet herstel.

"Ek sien nie hoekom hy in moes breek nie. Ons is goedkoop genoeg. Moenie skaam wees nie. Gee ons 'n try!" - metro.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters