Verlede jaar
'Baie seks hou my fiks' - Charlie Hunnam
Charlie Hunnam. Foto: WENN.com  ~ 

Hy's suksesvol, aantreklik en gebou om vas te hou - maar hoe verseker Charlie Hunnam dat hy in shape bly?

Seks - en baie daarvan!

Die voormalige Sons of Anarchy-ster is gereeld in die gimnasium, maar dis nie bloot tradisionele oefening wat Charlie (36) fiks hou nie. Seks met sy meisie Morgana McNelis help hom glo ook.

“Draf, swem, touspring, stap, jiu-jitsu - ek probeer dit als doen,” het hy aan Men's Health gesê. “Ek probeer ook soveel as moontlik seks. Dit speel 'n belangrike rol in fiksheid. Daar’s geen rede hoekom jy nie op 70 aktief kan wees nie. Ek wil op daardie ouderdom berge op en af hardloop.”

Die sexy akteur grap dat hy so baie oefen, want hy’s “f*kken mal”.

Ons is seker sy girl kla glad nie! - you.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters