13 dae gelede
Williewerker wil nie sy gat lig nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS hierdie jaar agt jaar getroud met ’n man wat nie wil werk nie en ook nie om ’n grant wil aansoek doen nie.

Antie, ek het nou iemand anders ontmoet wat vir my baie beteken. Ons het mekaar nog nie persoonlik ontmoet nie.

Wat staan my te doen? Ek werk alleen en moet die pot aan die kook hou.

Hy wil nie eens winkel toe gaan as ek hom stuur nie. Hy wil net agteroor sit en ontvang.

Gee raad, asseblief. Moedeloos

Hierdie is ’n nagmerrie van ’n “huwelik” waarin jy jou bevind.

Hierdie man van jou lig maybe nie sy hande vir jou nie, maar hy abuse jou financially deurdat hy nie sy deel doen nie.

En jy kan ook nie jou werk los in die hoop dat dit hom sal spite en inspire om vir ’n slag sy gat te lig nie.

Maar vrou, as jy wil skei, sal dit om jou eie redes moet wees, nie omdat jy iemand anders ontmoet het nie. Veral as jy hom eintlik nog nie ontmoet het nie.

Jy wei nie juis uit oor presies hoe julle mekaar ontmoet het nie, maar Antie neem aan dit was in die sosiale media.

Dus ken jy nie veel van hierdie man nie, behalwe dat hy baie heuning om jou mond smeer.

Daar is baie bedrieërs daar buite, so, waak daarteen om jouself van die een gemors-situation reguit in ’n ander te begewe.

As dinge tusen jou en jou man nie opgelos kan word nie en jy oorweeg ’n egskeiding, moet dit oor jou eie welstand gaan – emosioneel en finansieel.

Moenie dit doen om by iemand uit te wil kom wat in alle waarskynlikheid nie is wat hy pretend hy is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters