4 maande gelede
Wewenaar kan net nie wallet onthou nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nou al sewe jaar lank ’n weduwee. Daar is nou ’n skoolvriend wat wil kom kuier.

Hy is ’n wewenaar en sy vrou is ook al ’n paar jaar dood.

Maar ek is nie seker of die man net agter my geld aan is nie.

Elke keer as ons gaan uiteet, vergeet hy dan sy wallet.

Wat dink Antie? – Versigtig, WhatsApp

Nee kyk, vrou, jy sal hierdie man baie goed moet uitcheck.

’n Mens kan een keer seker jou beursie vergeet, maar elke keer?

Ly hy dan aan ’n sekere kensgeid wat net met sy wallet te doen het?

Dit klink vir my asof hierdie man op jou nek wil lê.

So, wees baie versigtig oor hoeveelrope jy hom gee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters