12 dae gelede
Werkloos selfs met ’n graad
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET laas jaar gegradueer en sit nou nog by die huis.

Ek gooi my CV’s oral in vir werk, maar hoor nie weer van die mense nie.

In my eie plek spot die mense my al en sê ek het gaan leer vir spek en boontjies. Dit laat my baie sleg voel.

Dit help nie dat ek elke dag by my ouers moet hoor dat ek vir my werk moet gaan soek nie. – Moedeloos, WhatsApp

Liefie, daai mense wat jou so spot, moet lag vir hulle eie stront in die lewe.

Ten minste het jy iets wat hulle nie het nie en te sleg was om voor te werk – ’n kwalifikasie.

Werk is so skaars. Ongelukkig is daar so ’n geknoei as dit by werk kom, veral as mense hulle eie families in ’n maatskappy insmokkel.

Dit wat vir jou beskore is in die lewe kan nie vir altyd van jou weerhou word nie.

’n Mens se droom job val ongelukkig nie in jou skoot nie. Vir eers sal dit geen skade doen as jy byvoorbeeld vir jou ’n waiter-werkie of iets kry nie.

Jy kan só van mense leer en jou voorberei vir jou toekomstige permanente werk.

Moenie moed verloor nie. Gaan voort om jou CV’s in te gooi vir elke werk in jou veld wat jy teëkom. Die regte deur sál op die regte tyd oopgaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters