16 dae gelede
Werkesel soek nou metgesel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK REAGEER op die brief van die 25-jarige dame wat so baie werk, en al vyf jaar single is.

Ek het óók so baie gewerk en dit het óók my verhoudings beïnvloed.

Tans is ek al drie jaar single.

Stuur asseblief haar nommer vir my. Ek sal like om haar te ontmoet. Single Ou, WhatsApp

Jou WhatsApp was een van hordes wat gestuur is vir die besonderhede van hierdie meisie.

By sommige van hierdie versoeke pronk ’n tros kinders van sulke ouens op hulle WhatsApp-profiel­foto’s. Antie weet nie of hierdie meisie te besig is om so ’n versoek te stuur nie, maar slegs as hierdie meisie haar toestemming gee, sal ek poog om julle in kontak met haar te bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters