10 maande gelede
Wat ’n skok toe ek my pa en oom sien spyker
 ~ 
Liewe Antie Mona

My Kersfees was niks ­plesierig nie, want ek het op iets verskrikliks afgekom.

Dit was dat my pa my oom – my ma se broer – van agter bygekom het.

Hulle weet nie dat ek hulle gesien het nie.

Ek wou niemand daarvan vertel nie, want ek wou niemand se Kersfees bederf nie.

My hart is seer, maar ek sien nie kans om my ma of my antie – my oom se vrou – daarvan te vertel nie.

Wat word dan van ons familie?

Maar dis ’n swaar geheim wat ek bewaar.

Ek moet heeltyd voorgee alles is oukei is, maar ek weet nie vir hoe lank ek dit sal regkry nie.

Ek kon hulle seker probeer keer het, maar ek kon myself nie sover kry nie, want hoe sou ek my pa daarna in die gesig gekyk het. – Anoniem

Dit moes ’n vreeslike groot skok vir jou gewees het.

Die eerste ding wat Antie wil hê jy moet besef, is dat waarop jy afgekom het, nie jou skuld is nie.

Ek kry die idee jy kasty jouself omdat jy voel jy kon die daad tussen jou pa en jou oom stopgesit het.

Die realiteit is egter dat dié dalk ’n ou ding tussen hulle is. Iets wat hulle lankal geheim hou, maar wat jou Krismis en nuwe jaar bederf het.

Jy hoef nie met dié geheim saam te leef nie. Dis nie jou kruis nie, so, jy hoef dit nie te dra nie.

Antie stel voor jy neem iemand in die familie in jou vertroue en deel met hom of haar wat jy aanskou het.

Laat die vertroueling iemand wees wie se lippe nie pap is nie, wat die storie nie aan die hele wêreld sal loop en verkoop nie.

Laat dit iemand wees wat jou sal kan bystaan en lei om die inligting op ’n diskrete wyse aan jou ma en antie oor te dra.

Niemand kan nie van jou verwag om ’n geheim te bewaar wat jou stelselmatig van binne gaan verteer nie.

Kry ook eers jou feite mooi agtermekaar sodat hulle jou nie as ’n leuenaar kan afmaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters