15 dae gelede
Ware liefde wil net nie kom vir vrou met kids
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS Z van S, 34 jaar oud en soek raad.Ek is ’n ma van twee kinders en maak my kinders alleen groot.

As ek ’n man ontmoet, dan speel hy met my mind.

Ek het op ’n tyd ’n man ontmoet en hy het nie gesê hy is nie getroud nie.

Nadat ons al lank geworry het, het hy eers gesê hy is getroud. Ek het lief geraak vir hom.

Ons het vyf jaar lank geworry. Sy vrou het my in my huis kom slaan oor hom.

Mans wil my hê, maar nie my kinders nie.

Wat moet ek maak? Moet ek maar ophou soek na ’n man vir my?

Ek kry baie seer in die lewe. – Z van S, WhatsApp

Daar is mans in hierdie wêreld­ wat sowaar alles sal doen en sê om jou panty-rek pap te kry.

En as hulle gekry het wat hulle wou hê, is hulle witweg agterna.

Jou kinders is deel van die package en daar behoort geen compromise te wees as dit by hulle kom nie.

Moenie gaan soek vir liefde nie, want dan gaan jy etter kry wat in ’n klas van sy eie is.

Laat liefde jou opsoek. Dan sal jy ’n man kry wat bereid sal wees om jou met kinders en al te aanvaar.

Jy het mos al klaar ’n lieder­like stel afgetrap met ’n getroude man.

Fokus ’n slag op jouself en die kinders en wie weet, jou paaie kruis dalk die natural way met jou hart se punt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters