20 dae gelede
Vuilgat-eks-boyfriend stry sy kind by my af
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET so ’n maand of wat gelede met ’n girl by ’n party geslaap. Sy whats­app my nou die dag en sê sy is pregnant. Van my, nogal.

Ek glo haar nie – ons het dan net een keer seks gehad. Ek is seker sy het met ander ouens ook by die party geslaap.Wat maak ek nou?

My ouers gaan my doodmaak as hulle uitvind, want ek study nog. – W van C, WhatsApp

Antie vind dit baie interessant dat daar mans soos jy is wat op ’n jong ouderdom al begin kyk na maniere om jou responsibilities te dodge. En dan so maklik te kenne wil gee dat die meisie in question ’n jintoe moet wees wat met ander mans ook geslaap het en dit jou dus nie die daddy maak nie.

Waar was jou studie toe jy onbeskermde seks met hierdie meisie gehad het?

Kry jy nou eers gedagte van jou future en wat jou mommy en daddy gaan sê?

Wat van hierdie meisie se future?

Doen jouself ’n guns: Leer nou al om ’n ware man te wees deur man te staan vir jou dade. Lig jou ouers in. Jy kan – as jy daai game wil speel – selfs eers aandring op ’n paternity test voordat jy jou verantwoordelikhede nakom.

Maar wat jy ook al doen, moenie soos een van die derduisende bokse daar buite wees wat hulle eie vlees en bloed sonder ’n pa laat grootword nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters