7 dae gelede
Vryery met sy baas maak hom nou bang
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van H en het ’n klein probleempie. Ek weet nie of dit normaal is nie.

Antie, ek en my bestuurder by die werk het ’n ding aan.

Ek het haar al hoeveel keer gesê ek kan dit nie meer doen nie.

Dinge raak ongemaklik by die werk, veral as ons in een vertrek is. Dan voel dit vir my sy kan my gryp en soen.

Hoe verduidelik ek aan haar ek wil nie meer nie?

Ek is maar net 21 jaar oud en sorg nog vir my ouers.

Sy is 29 jaar oud. Gee raad, groot asseblief! J van H, WhatsApp

So, aanvanklik wou jy en toe het jy haar opgecharge. En nou kan jy nie meer met haar deal nie?

En wat dinge complicated maak, is dat hierdie vrou jou baas is.

Jy kan natuurlik imagine wat gaan gebeur as jy haar verkeerd opvryf.

Jy moes obviously eers aan jou family obligations gedink het voor jy begin het om haar warm te vry.

Hierdie vrou klink ernstig. Sy sien na alle waarskynlikheid ’n toekoms vir julle saam.

En in haar verliefdheid het sy nou geen brieke nie.

Somehow, om safe te speel, sal jy haar moet oortuig dat julle dinge eers stadig moet vat.

En wie weet, in hierdie fase van slow motion besef sy dalk dat jy nie die man is met wie sy so baie warm oomblikke wil deel nie.

Dit is mos wat jy wil hê, of hoe?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters