5 maande gelede
Vrou wonder oor man so baie WhatsApp
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN boer op WhatsApp­, maak nie saak of hy by die huis of by die werk is nie.

Selfs tot laat in die aande chat hy en as ek hom hieroor uitvra, sê hy dis met sy vriende.

Maar hy sien hulle dan elke dag en van wanneer af chat mans so baie met mekaar?

Een van my vriendinne sê ek moet ’n bietjie wag totdat hy tiep en dan op sy phone kyk wat aangaan.

Ek wil dit nie doen nie, want ek respekteer sy privacy.

Maar ek kan nie anders as om te wonder of daar iets broei nie.

Behalwe die gechat is daar nie veel in ons huwelik waaroor ek kan kla nie.

Hy sorg goed vir my en die kinders en hoewel hy ’n drankie vat, is hy nie ’n terror nie.

Moet ek op sy phone kyk wat aangaan? Ek wil nie eendag wakker skrik en dan het daar ’n ander vrou in my slaai gekrap nie. – Nuuskierig, WhatsApp

Dis ’n baie moeilike ene.

Ons lewe egter vandag in ’n tyd waar ’n mens nie eens meer trust kan vertrou nie.

Veels te dikwels hoor en lees ’n mens van gevalle waar ’n buite-egtelike verhouding op social media platforms soos WhatsApp uitgebroei het.

Dit help nie eens jy gaan hom reguit hieroor uitvra nie, want watter man sal sommer erken dat hy die kat in die social media-donkerte knyp?

Oor wat jou te doen staan, is egter jou choice.

Antie kan nie aan jou voorskryf oor wat om te doen en sê jy moet ’n bietjie op daai phone rond-scroll nie.

Wat Antie wel weet, is dat die vrae in jou kop nie gaan verdwyn tensy jy antwoorde kry nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters