21 dae gelede
Vrou wil nou skei van luigat-man
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nou ag jaar getroud, maar my getroude lewe is nie so lekker nie.

My man wil nie werk nie, Antie. Al wat hy doen, is om te loop en by sy ma se huis te gaan sit. Ek het hom al weggejaag, maar hy wil nie loop nie.

Ek staan nou op skei, want al wat hy doen, is om sy familie teen my op te maak. Ek is nou moeg daarvoor dat ek vir kos, rent en alles moet staan. – Gatvol Vrou, WhatsApp

Dan moet julle maar skei, sussa. Dit klink dan asof hy anyway is waar hy wil wees – by sy mammie.

Die een wat hom steeds soos ’n klonkie bederf en hom nie remind dat hy nou ’n grootmens met responsibilities is nie. G’n huwelik gaan daaroor dat die een die ander een se mond moet oophou nie.

Daar kan nie van jou verwag word om jou in jou tjops te werk terwyl Meneer luilekker deur die lewe gaan en net aansit om te eet nie. Laat sy familie wat so bankvas en blindelings agter hom staan, die res van sy lewe sy nappies droogmaak en hom voed.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters