25 dae gelede
Vrou wil haar man van sy eie medisyne gee
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net respond op die onlangse brief oor die vrou wat kla oor haar man wat nie kosgeld gee en ’n huis wil koop nie.

Ek dink dis pure ondankbaarheid van haar kant af.

Sy moet kyk vir ’n werk om ook te kan help, want gewoonlik is dit die vroue wat nie werk nie wat so baie kla.

Tweedens, hoekom sê sy hom nie in oor sy two-minute noodle-streke nie?

Sy is mos ’n getroude vrou, of kla sy net teenoor haar vriende?

Hy moet mos gerespekteer word, want at least sit hy kos op die tafel. Leser, WhatsApp

Jy veralgemeen darem nou baie deur sommer aan te neem dat huisvroue wat nie ’n werk het nie, die meeste kla.

Dit gaan nie net hier oor wie provide vir die kostafels nie, maar met watter attitude die broodwinner vir sy gesin provide.

As jy mooi gelees het, sou jy besef die feit dat net net hy werk, maak hom baie windgat en disrespectful teenoor haar.

Met die meeste van die seksueel-verwante frustrations kan kommunikasie maar lol.

Dis nie ’n maklike topic om sommer aan te roer terwyl jy baked beans in die bord skep nie.

Imagine jy sit net aan om te eet, dan kla jou vrou oor jou performance in die bed. Hoe gaan jy daaroor voel?

Baie skram weg van dié onderwerp omdat hulle nie ander se gevoelens wil seermaak nie.

Dit is nie die regte solution nie, maar baie sit eerder maar met hul frustrations, want jy kan nie daai woorde terugtrek as jy dit hardop teenoor die ander persoon genoem het nie.

Liewe Antie Mona

Ek en my man is in Oktober 12 jaar getroud.

Ons het twee pragtige dogters vir wie ek alles in die wêreld sal doen.

Hulle is my alles en ek probeer my bes om hulle net die beste te gee.

Ongelukkig kan ek nie dieselfde van my man sê nie.

Die afgelope drie jaar het hy ’n affair aan met een van sy kollegas.

Ek het haar al countless times in sy werksbakkie kom vang. Dan het hulle kamma net iewers afgetrek om ’n bier te geniet.

Met die lockdown was dit die rustigste wat ek al ooit my man gesien het. Aan die begin het sy gat gejeuk, maar toe raak hy actually die man van ouds wat weer tyd vir my en die kinders gehad het.

Maar toe hulle nou op vlak 3 weer kon gaan werk, het die laat huis-toe-kommery van voor af begin.

Antie, hy het al naweke met love bites in die nek by die huis aangekom.

Dan sê hy dis sy vriende wat hom so geknyp het.

Maar ek weet hy lieg, want hy kan my nooit in die oë kyk nie.

Ek het besluit ek is moeg van skel, baklei en huil.

Ek gaan maar nou dieselfde doen, want daar is iemand by my werk wat al lankal agter my aan is.

Ons het al hieroor gepraat en hy is ’n baie rustige ou wat bereid is om my met kinders en al te vat.

Ek is moeg om so vermaak te word deur ’n man wat my nie kan waardeer nie.

Die ou het nou voorgestel dat ons in ’n hotel ontmoet, maar ek kon nog nie iemand kry om na die kinders te kyk nie.

Dis nie iets wat ek loop soek het nie, maar hoekom met ek altyd die een wees wat die minste moet wees?

Deserve ek dan ook nie liefde en aandag nie? – Moedelose Vrou, WhatsApp

Liefie, in die lewe kry jy ’n regte en ’n verkeerde manier van dinge doen.

En om jou man se game te speel, is nie die regte benadering nie.

G’n niemand van sy vriende knyp hom nie, hy knyp die kat in die donker. Daarvan getuig die love bites mos.

Hy werk saam met Draculina wat hom leeg suig – in die nek, bedoel Antie.

Niemand kan van jou verwag om sy hoereerdery vir altyd te entertain en eers ’n move te wil maak as hy jou met ’n vuilsiek of ’n ding aangesteek het nie.

Maar as jy dinge reg wil doen, stel Antie voor jy skei en sort jou en die kinders se lewe eers uit.

En check eers goed daai “rustige” man uit!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters