3 maande gelede
Vrou vat toe sommer haar tjom se man af
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vriendin oor wie ek baie worry.

Sy het ’n vriendin, sê maar X, wat sy met haar alles vertrou het, net om toe uit te vind haar man en die vriendin het ’n affair. Dit kom nou al drie jaar aan.

X treiter my vriendin aan­mekaar, en haar man gaan net aan met sy dinge. Sy het hom gevra om te gaan, maar hy wil nie.

Sy het al so baie seergekry, maar hy voel niks nie. Wat staan haar nou te doen?

Moet sy hom los en X tevrede laat voel dat sy gewen het? X se man het haar gelos, hoeka oor sy sleg is. Help asseblief. R van W

Die beste Easter gift wat jou vriendin haarself kan gee, is om dié twee sleg mense toe te laat om mekaar te vat.

Hulle verdien mekaar en sal wel mettertyd kry wat hulle toekom vir wat hulle aan ander gedoen het.

Jou vriendin hoef mos nie sy sleggeid te entertain nie. Wil sy dan wakker skrik eers wanneer hy haar met een of ander siekte besmet het?

Daar behoort ’n tyd te kom wanneer ’n mens besef sekere mense sal eenvoudig nooit hulle dinge laat staan nie. Jou vriendin moet besef sy verdien meer as wat sy uit haar huwelik put.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters