13 dae gelede
Vrou staan dalk self agter die jol-deur
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS E van Plet en is vanjaar drie jaar getroud.

Antie, my vrou snou my die lelikste woorde toe.

Sy sit my uit wanneer sy skel en verdink my van alles.

Elke keer soek sy ’n stryery in die huis as ek te laat na haar sin uit die werk uit kom.

As ek terugpraat, dan is dit oorlog.

Sy kom nou al met K se jacket aan huis toe.

Ek is moeg om so te lewe en ek rook en drink nie eens nie. E van Plet, WhatsApp

Dit sou baie gehelp het as jy uitgewei het wie hierdie “K” is wie se jacket sy dan nou dra. Is dit ’n ander mansmens?

As dit so is, wat is die kanse dat sy jou van allerhande dinge beskuldig omdat sy self agter daai jol-deur staan?

Dis mos ’n ou ding van jollers om hulle eie dinge weg te wil steek deur hul partners van jollery te beskuldig.

Julle is nou maar drie jaar getroud en supposed om nog in die honeymoon phase van jul huwelik te wees.

Dis tyd dat jy jou voet neersit en haar mooi laat verstaan dat jy nie langer haar dinge gaan entertain nie.

En vra dan sommer reguit wat die storie is met iemand anders se jacket wat sy dra.

Is daar dan iets wat sy by jou wil tuisbring?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters