6 maande gelede
Vrou se nuwe berk is nou baas van sy huis
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS getroud met N van Jeffreysbaai.

Ons het vyf kids saam. Sy bly nou met ’n ander man – in my huis.

Wat kan ek doen om haar en daai man uit my huis uit te kry? B van die Kaap

Mens, maar jy is darem suinig met inligting!

Jy sê dan nie eens hoe dit gekom het dat jy en jou vrou glad nie meer saambly nie.

Hierdie is mos dinge wat Antie nie kan raai nie.

Moet ek dan nou ook maar aflei dat jy tans in die Wes-Kaap woon terwyl jou vrou in die Oos-Kaap bly met ’n ander man?

Indien julle binne gemeenskap van goedere getroud is, dan het sy ook ’n 50%-reg op daardie eiendom.

Wie sê dan nie vir jou sy bly met hierdie man in haar helfte van die huis nie?

Hoe dit ook al sy, gaan sien ’n lawyer as jy wil weet wat jou te doen staan en as jy dalk die egskeidingsbal aan die rol wil sit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters