8 dae gelede
Vrou se kuiergas is dalk getroud
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L van H. Ek het onlangs by ’n man betrokke geraak.

Ons het een keer seks gehad en nou kom hy aanmekaar kuier. Hy sê hy is lief vir my, maar ek weet nie so mooi nie.

Ek hoor by ander mense hy is getroud. Ek is erg oor hom, maar ek wil nie seerkry nie. – via Whats­App

Waar ’n rokie is, is ’n vuurtjie. En as mense sê die man is getroud, dan is hy in alle waarskynlikheid. As jy hom reguit sou vra, sou hy anyway lieg.

Antie kry die idee hy steek net by jou uit vir seks en vir niks anders nie.

En wanneer hy uitgekuier is, gaan hy jou net so los en aanbeweeg.

Beëindig dinge eerder nou, voordat jy nog loop en swanger raak ook van ’n getroude man.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters