Verlede maand
Vrou se joller-man het nou sere op sy voël
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man het drie kinders saam en die vierde baba is op pad.

Ons is hierdie jaar vyf jaar getroud en het op ’n jong ouderdom getrou.

My man jol, Antie, en hy kan maar net nie daarmee end kry nie.

Hy move van die een meid na die ander.

Ek het al baklei met ander vroue oor hom, het al my werk gelos en getrek, maar niks kom reg nie.

Ons het nie ’n huis nie en bly by my ouers.

Hy maak my naam oral swak en weier om vir my geld te gee.

Wat kan ek doen? Daar het nou ook klein seertjies op sy penis uitgeslaan. Moedelose Ma, Whats­App

Eeuw vir daai seertjies-gedoente!

Vrou, hoe kry jy dit reg om drie kinders (en ’n vierde op pad) te hê by ’n man wat nie ken van sy gulp toe hou nie?

Het jy gehoop dat kinders hom van sy slegte weë sal laat afsien?

Duidelik het jou plan nie gewerk nie en nou is daar nog ’n arme, onskuldige bloedjie op pad wat ’n slegte jong vir ’n daddy gaan hê.

Nes jy, het hy ’n verantwoordelikheid teenoor sy kinders. Of hy nou wil of nie, die law vereis van hom om sy kinders te support.

Hoe kry jy dit anyway reg om met ’n jong te slaap wat nie ’n finansiële bydrae tot julle huishouding wil maak nie?

Oe nee, só verleë kan jy darem nie wil wees nie. Hy kry te lekker! Jy sal daai lekker matjie onder sy sleg gat moet uittrek.

En wat daai seertjies betref: Dit kan ’n swaminfeksie wees waarvoor daar rome op die mark beskikbaar is. Hy sal seker weer wil hê jy moet só ’n room met jou geld koop, as om sy eie geld te gebruik.

Maar met al sy rondhoer-tierlantyntjies is daar natuurlik ook die moontlikheid dat hy een of ander STI-kwaal onder lede het.

Hy sal vir ’n checkup moet gaan en tot daar nie enige duidelikheid is daaroor of hý die seertjies het of die seertjies vir hóm nie, moet jy nie met hom slaap nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters