8 dae gelede
Vrou nou oormoeg van man se sleggeid
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS siek van my man se sleggeid.

Ons is al 10 jaar getroud en het drie kinders.

Elke keer as ek uitvind van my man se sleggeid, is ons huis deurmekaar. Maar hy stry dat die hel draai. Ek het elke keer die vark se dinge oorgesien, maar nou het hy te ver gegaan.

Hy is nou deurmekaar met ons buurvrou. Sy is swanger en het ’n jong, maar hy kom nie eens agter van my man en sy girlfriend se dinge nie, want hy is te oorwerk.

Ek wil nie meer my man hê nie. Hy kan maar gaan. Ek en my kinders is orrait sonder hom.

Het Antie dalk raad vir my? Gatvol, WhatsApp

Dit klink vir Antie of jy jou mind al opgemaak het.

Jou man het duidelik g’n respek vir julle huwelik nie en as hy al langsaan kuier, is dit ’n sign dat hy lankal nie meer worry of jy hom uitvang of nie.

Jy en jou kinders verdien beter, way beter as die behandeling wat julle tans kry.

Die besluit om te skei, is egter joune en joune alleen.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters