Verlede maand
Vrou los hom en kids vir Ben10
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie eens waar om te begin met my seer nie.

Ek was 10 jaar getroud met die meisie van my drome. Sy het ’n kind gehad en was swanger met haar tweede een toe ons ontmoet het.

Ek het haar belowe ek sal haar aanvaar nes sy is.

Ons het getrou en was happy, maar in die vyfde jaar van ons huwelik het ek op haar gecheat. Sy het my vergewe en ons het aan ons verhouding gewerk.

In die negende jaar van ons huwelik het ons nóg twee kinders gehad.

Toe besluit sy om my terug te kry vir die keer toe ek op haar gecheat het.

Sy het toe op my gecheat en my met die kids gelos en saam met iemand anders gaan bly.

Sy bel my toe een aand om te sê die ou slaan haar. Ek het haar teruggevat en ons het weer aan ons huwelik gewerk.

Een naweek toe kom visit haar suster, dié se boyfriend en sy broer ons.

Kort daarna vind ek uit sy en die suster se boyfriend het iets aan. Ek het mal geraak en ons het lelik baklei.

Sy het toe by haar suster se boyfriend ingetrek en my weer met die kids gelos. Ek het ook iemand gevat net om oor haar te kom.

Ons staan nou op skei, maar ek wil nie skei nie, want ek is nog lief vir my vrou.

Ek is 34, sy is 29 en die boyfriend is 18.

Ek wil my vrou graag terughê, maar sy wil niks hoor nie. Ek bly nou alleen met al vier die kids. Wat kan ek doen?

Moet ek die nuwe meisie hou of wag dat my vrou eendag terugkom?

Ek is te lief vir my kinders.

Ek hoop my vrou lees dié boodskap en besef ek is bereid om haar terug te vat en te werk aan ons huwelik.

Sy en die boyfriend bly by sy ma. Sy werk, maar hy het nie ’n werk nie.

Hy bly sake maak teen my om my tronk toe te werk sodat hulle by my huis kan intrek.

As ek my vrou kan terugkry en weer as ’n family happy kan wees, sal ek enige iets doen. – G van die BP

Ter wille van jou kinders is dit jou plig om hulle nie ammunisie te gee om jou in die tronk te kry nie.

Wat jy moet doen, hoe moeilik ook al dit is, is om te aanvaar jou vrou het aanbeweeg. Julle het mekaar rond en bont verneuk. Is jy weer lus vir sulke drama?

Fokus op die kinders, wie se lewe elke keer omver­gewerp word oor jy en jou vrou nie weet wat julle uit die lewe wil hê nie.

Dit is immers van mekaar wil spite dat julle in dié situasie sit.

So, beweeg eerder aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters