2 maande gelede
Vrou loop haar vas met ou liefde
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET jare gelede ’n man gedate vir wie ek baie lief was.

Weens komplikasies met ons families het ons dinge beëindig en elkeen het sy eie paadjie gegaan.

Ek het ’n paar jaar later my man ontmoet met wie ek later getrou het.

My man is drie jaar gelede dood aan ’n hartaanval.

Ons was 17 jaar getroud en het drie kinders.

Verlede jaar tydens ’n saamtrekdiens van ons kerk het ek weer my ou liefde ontmoet.

Antie, die spark was dadelik weer daar tussen ons.

Ons het lekker aan die gesels geraak en nommers uitgeruil.

Op WhatsApp het hy my toe vertel dat hy geskei is en op sy eie woon. Hy het ook twee kinders.

Hy het aan my gesê dat sy vrou verskeie kere ontrou was aan hom en verskriklik baie gedrink het.

Wat vir my baie snaaks was, is dat hy net sekere aande gechat het as hy nagskof gewerk het. Maar bedags was hy offline.

Ek het hom hieroor uitgevra en hy het gesê hy slaap bedags omdat hy meestal in die aande werk.

Hy het een naweek vir my kom kuier en ons het intiem verkeer.

Dit was hemels en ons het die hele naweek saam deurgebring.

Maar toe hy terug huis toe gaan, het hy baie skaars begin word.

As ek hom bel, is hy kortaf en sê hy is besig.

Ek kon nie verstaan hoekom hy so is nie. Tot ek toevallig by iemand anders in ons kerk gehoor het hy is getroud.

Ek het amper flou neergeval van skok, Antie. Ek het hom ’n WhatsApp gestuur en hieroor gevra. Hy het die boodskap gelees, maar nie terug geantwoord nie.

Ek voel so vuil. Om te dink ek het met ’n getroude man geslaap! Geskok, WhatsApp

Maar kyk so ’n vuil uil! Dit klink of hy jou net bed toe wou sleep. Hy’t sy pad oop gelieg tot in jou slaapkamer.

Antie kan verstaan dat dit vir jou ’n skok moes wees, maar troos jou daaraan dat jy nie doelbewus sy vrou te na wou kom nie. Wees in die toekoms op die uitkyk vir sulke liegbek-hoerjaers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters