Verlede maand
Vrou kry net panga-kyke en harde woorde van man
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

IN DIE 28 jaar van ons getroude lewe is my man liewer vir sy suster en ander vroue se geselskap as myne.

Ek kry net koue kyke en harde woorde.

Dis al 26 jaar dat ek net sy rug in die bed kry.

Wat moet ek maak, Antie? Ek wou al ’n berader gaan sien, maar ek weet nie waar om te begin nie. Hartseer Vrou, Whats­App

Jinne, vrou, dit kan glad nie lekker wees om met só ’n nare man getroud te wees nie. Dit kan nie lekker wees om met ’n man saam te leef wat net panga-kyke en harde woorde vir jou het nie, maar met ander is hy vol spraak en smiles.

Antie kan net imagine hoe seer dit jou moet laat voel.

Hoekom is jou man so? Surely was hy nie koud toe julle verlief geraak en getrou het nie?

Wat het dan oor sy lewer geloop dat hy ontaard het in die onplesierige mens wat hy is?

Het sy onplesierigheid dalk te doen met iets below the belt, en kan dit dalk die rede wees dat hy jou amper drie dekades al die rug toekeer in die bed?

Daar kan nie verwag word dat jy moet ruik wat skort nie.

Natuurlik is jy bang hy byt jou kop af as jy die topic wil aanroer, maar die enigste manier hoe jy antwoorde kan kry, is om dié kwaai bul by die horings te pak.

En dit is hier waar berading nuttig te pas kan inkom. ’n Berader kan help seker maak die gesprek rafel nie lelik uit nie.

Jy kan soek vir die dienste van ’n opgeleide berader in jou area en natuurlik is pastorale berading ook ’n goeie opsie.

Die probleem is natuurlik net hoe jy jou man sover gaan kry om hiertoe in te stem. Dit klink my hy kan maar ’n moeilike kalant wees. Maar as jy nie gaan probeer nie, gaan jy nooit weet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters