4 maande gelede
Vrou gatvol van mama's boy
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SKRYF met ’n baie swaar hart, want ek is met ’n regte mama’s boy getroud.

Antie, ek is spyt ek het met hom getrou, maar spyt kom mos altyd te laat.

Ons bly by sy ma op die jaart in ’n plek waarvoor ek betaal. Hy hardloop met al ons probleme na haar, maar wanneer ek iets wil sê, wil sy niks van hom weet nie.

Vandat hy sy werk verloor het, doen hy nie eens die moeite om werk te soek nie, want sy ma gee hom als wat hy vra. Hoekom gee sy hom nie eerder geld om werk te gaan soek nie?

Wanneer ek hom vra wanneer hy gaan werk soek, ignoreer hy my, of hy gaan sit by sy ma in die huis.

Dit lyk sy borsvoed hom nog, en ek weet nie wanneer sy hom gaan speen nie. – Gatvol Vrou

Oe, maar hy leef darem te lekker – daarvoor sorg sy ma mos.

Vrou, daai voet van jou sal jy moet dwars neersit. Stel hom voor ’n ultimatum: Óf hy los sy ma se rokspant óf jy trek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters