2 maande gelede
Vrou frustrated oor swak sekslewe
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L van S en soek vandag raad by u, want ek is by ’n kruispad in my lewe.

Ek en my man is 10 jaar getroud, albei 50 jaar oud en hierdie is ons albei se tweede huwelik.

Ons is gelukkig getroud, is lief vir mekaar en vir ons kinders uit ons vorige huwelike.

Ons al twee is in ’n goeie beroep. Ons probleem is in die bed en hoe hy dit hanteer.

Hy het drie jaar gelede begin om nie meer ereksies te kry nie.

Ons behoort aan ’n mediese fonds en hy is dokter toe. Daar is bevind dat hy ’n diabeet is.

Vibrator

Hy kry behandeling en het ’n voorskrif om ’n ereksie te kan kry.

Ons het vir ’n tyd maar so aangeploeter, totdat hy besluit het om nie meer die ereksiepille te gebruik nie, want dit help nie veel nie.

Drie jaar was ek baie geduldig en het verskillende voorstelle gemaak. Ek het tot ’n vibrator aanbeveel, maar hubby wil niks hiervan weet nie.

Ek moet my sedertdien maar self tevrede stel en dit is baie moeilik, want ek is nog baie jonk van gees en baie aantreklik vir my ouderdom.

Ek kry nog aandag van baie jong kêrels.

Saam met sy gebrek aan ’n ereksie het my man ook sy spark verloor.

Hy wil nie meer uitgaan nie, wil nie vry nie, wil nie aan my vat nie ...

Ek het al alles probeer – van massages tot sexy nighties, maar niks maak ’n verskil nie.

Ek voel al soos een van die meubelstukke in die huis, terwyl mans daar buite kwyl oor my lyf.

Ek kan dit deesdae nie meer hanteer nie en begin allerhande fantasieë kry.

My man kla eerder omdat ek ’n bietjie gewig aangesit het.

Ek het nou agtergekom hy stuur my en die kinders uit die huis om seksvideo’s te kyk.

Dit was ’n groot skok om hierdie ontdekking te doen. Dit voel vir my of hy ontrou aan my is.

Ek is baie kwaad en voel om vir my ’n skelmpie te kry, hoewel ek weet dit is nie die oplossing nie.

Hy is ’n baie trotse mens en ek weet hy gaan kwaad wees as ek hom hieroor moet konfronteer, of aan hom moet sê hoe ons gebrek aan seks my frustreer.

Antie, gee asseblief vir my raad, voor ek iemand daar buite gaan bespring. – L van S, WhatsApp

Soms voel Antie dat trots een van die grootste stumbling blocks in ’n huwelik/verhouding kan wees.

As daai pilletjies nie die job behoorlik doen nie, behoort hy eintlik terug na sy GP te gaan en die issue met hom/haar te bespreek.

Who knows, dalk is daar hoeka lankal iets op die mark vir jou hubby met meer oemf. ’n Produk waarvan hy sou geweet het as hy nie so trots was nie.

Trots kan ’n mooi, edele eienskap wees, maar dit kan ook nadelig wees vir iemand wat eenvoudig kan weier om in iets anders as hulle selftrots vas te staar.

Julle is nog albei geensins naby aan oor die muur wees nie.

Van jou kant af probeer jy jou bes om julle intieme vlam weer aan die brand te kry. Die minste wat jou hubby kan doen, is om ook sy bes te probeer om te red wat te redde is.

Porn en om jouself te bevredig deur te watch hoe ander kafoefel, is nie die antwoord nie.

Julle gesprek hoef nie op ’n konfrontasie uit te loop nie, want dan gaan dit nie een van julle iets in die sak bring nie.

Maar julle sal openlik hieroor moet praat. Die bul sal by die horings gepak moet word.

En as julle op ’n volwasse wyse na mekaar se standpunte kan luister, sal dit glad nie nodig wees vir jou om iemand te bespring nie.

Alle sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters