3 maande gelede
Vrou droom heeltyd man cheat op haar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is ses jaar getroud, maar ons het baie lank voor dit uitgegaan.

Antie, ek kry verskriklike drome dat hierdie man my verneuk.

Ek droom elke week hieroor en wanneer ek wakker skrik, is ek baie upset.

Dit laat my soms wonder of die man my nie regtig verneuk nie.

Soms staan ek bad luck op oor hierdie drome. Hy het my al in die verlede verneuk, maar toe was ons nog nie getroud nie.

Maar ek dink nie ek het vrede hiermee gemaak as dit nog so by my spook nie. Ek is bang ek kry seer. – Verward, WhatsApp

Nee kyk, hartjie, definitief. Definitief het jy ná soveel jaar nog nie vrede gemaak met die betrayal nie.

Dit is beslis nie lekker om elke keer hierdie drome te experience nie, want elke oomblik daarvan voel real vir jou.

Jy sal hierdie monsters moet face.

Deel jou vrese met jou man en maak hom deel van die healing process. Selfs al be­teken dit dat julle vir therapy moet gaan.

Alle sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters