Verlede maand
Vrou dink aan lewe met ander man
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS getroud, maar so ongelukkig.

Elke keer as ek en my man ’n wrong het, hardloop hy na sy mense.

En ek mag nie na my familie toe gaan nie.

Ek het iemand ontmoet wat ’n fantastiese mens is.

Hy sien kans vir my en my kinders.

My gedagtes en hart is by hom.

Wat maak ek, Antie? – Deurmekaar, WhatsApp

Hierdie sogenaamde fantastiese mens aanvaar jou met kinders en al?

Antie glo aan die fine print lees. En die fine print van die lewe is gekompliseerd.

Maak daai wrongs met jou man eers reg.

Moenie soos hy try weghardloop van julle probleme af nie.

Maak hom sit en bespreek al die issues wat julle pla.

Probeer eers al die kwessies wat pla, uitsorteer eerder as om comfort te soek in die arms van iemand anders en sy beloftes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters