2 maande gelede
Vrou bly moeg as dit by seks kom
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK KAN nie onthou wanneer laas ek en my vrou seks gehad het nie.

Ek dink dit was seker so Januarie of Februarie.

Van daai tyd af try ek al in die aande binneboud lê, maar sy wil niks weet nie. As ons gaste het, is sy die huisvrou van die jaar wat na al die gaste se behoeftes omsien en met almal smile.

Maar sodra ons alleen is, is sy ’n nare mens wat net moeg bly. As ek te “lastig” na haar sin is, gaan lê sy in die spaarkamer. Ek weet nie wat haar storie is nie, want sy wil nie met my hieroor praat nie.

Ons is albei in ons early 40’s en ek het nog baie woema in my. – HC, WhatsApp

Antie lees vanjaar oor baie mans wat in situasies soortgelyk aan joune is.

Die storie is altyd dieselfde: Vroulief is die moegste.

Moeg vir cuddle, moeg vir intiem wees, moeg van hulle manlief se vol rug uitsort.

En verder wil sulke vroue nie praat oor wat skort nie.

Die arme mans moet in die donker rondtas vir antwoorde, confused oor hoekom die intieme kant van hul huwelik ’n stille dood gesterf het.

En net soos jy, kan Antie nie raai wat met jou vrou skort nie, behalwe dat sy lelik fail in die kommunikasie-aspek van julle huwelik.

As sy net openlik met jou kan wees en jou in haar vertroue neem oor wat pla, kan jy haar deur die ding help en sommer ook haar situasie beter begin verstaan.

Maar nee, niggie se lippe is gezip soos dié van ’n lappop.

Sy kan jou nie vir ewig avoid nie. Een of ander tyd sal sy jou moet sê wat skort.

Maak haar weer sit en laat sy duidelik die boodskap kry dat jy concerned is oor haar en wil weet wat klap vir wat.

Laat sy weet jy is daar, no matter what. Laat sy weet dat jy lief is vir haar en graag wil weet of daar dalk iets is wat jy verkeerd gedoen het, want jy kan nie verstaan hoekom die vrou wat jy beloof het om deur alle tye by te staan, jou nou so eenkant hou nie. Hopelik sal só ’n passionate plea haar laat ontdooi – in kommunikasie en in die bed.

Die Vader weet, daar is soveel los vroue daar buite wat gereed staan om afgeskeepte mans soos jy te bespring. Sy moenie kom staan en speel met haar huwelik nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters