5 dae gelede
Vrou bly by eks wat nou iemand anders date
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS geskei, maar woon die afgelope vyf jaar weer saam met my eksman.

Ons het nie weer getrou nie, maar hy het nou ’n verhouding met iemand anders.

Kan Antie dalk vir my raad gee? – C van W, WhatsApp

Liefie, dis duidelik dat hierdie man aanbeweeg het met sy lewe.

Of jy nou teruggetrek het of nie. En of julle in die meantime nou weer ’n slaapkamer gedeel het of nie.

Jy wei nie uit oor die redes hoekom jy na hom teruggetrek het nie. Was dit weens finansiële redes? Het julle besluit om weer te probeer?

Soos wat dit vir Antie klink, het jy gehoop dat dinge tussen jou en jou eks weer gefix kan word.

Hierdie tipe situasie kan ondraaglik raak.

Kan jy imagine hoe awkward dit gaan wees as hy sy girlfriend huis toe bring terwyl jy, die eksvrou, voor die TV sit en 7de Laan kyk?

Dalk sal dit nie ’n slegte idee wees as jy maar uittrek en aanbeweeg met jou lewe nie.

Of gaan jy maar tevrede wees dat hy van die een verhouding na die ander jump?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters