11 dae gelede
Vrou bang sy’s onvrugbaar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van B, 27 jaar oud en al 5 jaar in ’n verhouding met ’n ou.

Hy het drie kinders, maar ons het geen kinders saam nie.

Ek weet nie wat is fout met my nie. Ons probeer al hóé lank, maar ek weet nie of dit nie die regte tyd is nie.

Antie, ek het drie jaar gelede ’n blindedermoperasie ondergaan, maar hulle het agterna gesê ek sal wel kinders kan kry.

Maar my skoonma bly vir haar seun sê ek kan nie kinders kry nie. J van B

Soms, so loop die legende van die Kaapse Vlakte ... soms as ’n vrou té lank die swirlkous op die kop het, kan jy nie meer straight dink nie.

En dan sien jy nie die blessing wat jou straight in die oë kyk nie.

Meisa, luister tog gou mooi vir Antie.

Ek is ’n ou vrou. Eintlik al grys, maar dye nog my hare. Nie om my jonk te hou nie, maar pikswart hare lyk so mooi.

Anyhow, laat Antie tog nie wegdwaal van die topic af nie.

Sien jy daai boyfriend van jou? Is hy saam met enige van die ma’s van sy kinders?

Lyk dit nie vir jou hy maak net kinders en dan move hy aan nie?

Ja, jy sal argue dat julle al vyf jaar saam is en hy jou nog nooit gedrop het nie. Maar kom sy ware kleure nie juis te voorskyn wanneer die re­sponsibilities van kinders aan sy voordeur klop nie?

Volgens ’n onlangse studie is vroue wie se appendix en tonsils uitgehaal is, meer fertile as die res van die wêreld.

So, daar moet iewers ’n onsigbare hand wees wat uitkyk vir jou en nie wil hê jy moet op ’n jong ouderdom ’n ma wees van kinders waarvan die pa aanbeweeg het nie.

Moenie agterstevoorom werk nie. Daar is ’n rede hoekom daar prosesse in die lewe is.

Voor ’n kind behoort daar eers ’n huwelik te wees. Dis geen guarantee dat iemand altyd in ’n huwelik sal bly nie. Maar ten minste is die aanduiding daar dat só ’n persoon ’n long term future saam met jou sien.

Jy is nie net op hierdie aarde om kinders te baar nie. Genade, die lewe is klaar vrek duur!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters