22 dae gelede
Vriendskap nie 'n opsie vir verliefde outjie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

SO ’N JAAR gelede het ek ’n meisie ontmoet en ons het lekker gekliek.

Ons het nommers uitgeruil en sy het uit die staanspoor vir my gesê sy het ’n berk en hulle het ’n kind in die verhouding.

Ek het gesê dis fine, ek wil net tjommies wees, maar nou het ek feelings vir haar en kan haar nie uit my kop kry nie.

Ek het haar gesê hoe ek voel en sy het gesê ek moenie vir my mal kom hou nie, sy is gelukkig.

Sy het my nou op WhatsApp geblok.

Wat maak ek nou, Antie? – Smoorverlief van R

Nou beweeg jy aan met jou lewe, boeta, want vriendskap is nie meer ’n option nie.

Ek en jy weet mos jy het vriendskap net pretend, hopende sy sal eventually vir jou kaarte val.

Wel, sy het nie.

En soos jy nou al moes gerealise het, sy is baie gelukkig en beoog beslis nie om haar verhouding te risk nie.

Daar buite is nog baie girls wat nie reeds ’n outjie het nie. So, reël vir jou só ene, toe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters