Verlede maand
Vriendin spyker my man net toe ek my rug draai
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY VRIENDIN wat ek as ’n suster beskou het, het my iets slegs aangedoen.

Sy het gevra om by my te kom kuier en ek het ingestem. Maar my ma het siek geraak en ek moes haar vir ’n week gaan versorg.

Toe ek huis toe kom, vang ek haar en my man in my huis en wat my kwaad gemaak het, was dat sy die klere aangehad het waarin ek snags slaap.

Sy wil toe dinge uitpraat, maar my man sê toe ek is ’n hond.

Wat sê Antie nou? Gatvol Vrou, Whats­App

Nee, vrou, wat moet ek dan nou sê?

Dit was immers mos nie ek wat jou nightie aangehad het nie. Klink vir my of daai kamstige vriendin anyway met ulterior motives wou kom kuier.

Sy het haar mos omtrent tuisgemaak toe jy weggegaan het om jou ma te versorg. So cosy was dit dat sy in jou klere vir jou man rondgeparadeer het.

Maar hoekom klink dit dan asof jy meer kwaad is dat sy jou pajamas aangehad het, as wat jy kwaad is dat sy met jou man geslaap het?

Jy het immers mos nie vows afgelê teenoor jou nightie nie. Sy was sleg. Jou man was sleg. Hulle was seker maar hoeka lankal sleg en jy het dit net nooit agtergekom nie.

Jy sal nou moet besluit of jy in ’n huwelik wil bly waar jou man val vir enige iemand wat jou pajamas aan het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters