16 dae gelede
Vriendin se reputasie kwel haar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS B van D en ek soek asseblief Antie se raad.

Ek en AD is baie goeie vriendinne. Wat my pla, is die feit dat sy met getroude én ongetroude manne jol. Dis mense met vroue en meisies, Antie.

Maar dit pla haar nie. Sy ontmoet van die manne by haar werksplek.

Ek dink nie haar werkgewer weet van al die dinge wat by sy plek aangaan nie.

Ons twee is naweke saam en dan is sy elke keer by verskillende manne.

Ek wil nie meer met haar geasso­sieer word nie.

Moet ek die manne se meisies en vroue van haar en hulle dinge sê, of moet ek maar toekyk hoe sy huwelike en verhoudings opbreek? – Bekommerde Vriendin, WhatsApp

Sjoe, maar hierdie vriendin van jou is omtrent naweke bedrywig.

Is daar dan nie in julle dorpie mans wat nie reeds aan ander vroue behoort nie?

Dit gaan vir Antie hier oor self­respek. Enige vrou met waardes en wat ’n hoë dunk van haarself het, sal haar nie só verlaag nie.

Dit hang van jou af of jy hierdie manne se meisies en vroue wil inlig, maar dis anyway net ’n kwessie van tyd voordat hulle self hiervan uitvind.

Jy is ook ál een wat kan besluit of jy nog met haar vriende wil wees.

As haar dinge jou so dwars in die krop steek, sal dit beter wees om hierdie vriendskap te beëindig.

Dis net ’n kwessie van tyd voordat haar reputasie deur die hele dorp gaan stink. En ja, wil jy dan jou naam aan só iets gekoppel hê?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters