5 maande gelede
Vriendin se ou wine en dine jolmeid met haar geld
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek het ’n baie goeie vriendin wat sleg behandel is deur LW, wat in S woon.

Hy hardloop weg met haar geld. Hy het haar en haar kids ’n toekoms belowe. Watter soort man doen dit aan kinders?

Sy mond is oopgehou en hy is skoon uit die tronk gehou toe sy eksvrou hom daar wou sit.

Hy is nou in ’n ander provinsie met sy jolmeid. Hy het haar ingestop met my vriendin se geld.

Die couple het geen conscience nie, want kinders het ook seergekry. Sy moet onthou sy maak ook ’n dogtertjie groot.

My vriendin is baie seergemaak deur die wolf in skaapsklere, maar sy is beter af sonder hom.

Ek hoop en bid sy seun het ’n beter rolmodel in sy lewe, want so ’n gemors van ’n man hoort nie naby kinders nie.

Die Here werk in mysterious ways en julle twee se dag gaan kom. via E-pos

Dit is hierdie mysterious ways wat hopelik jou vriendin ’n les geleer het.

Antie wil nie ongevoelig klink nie, maar nie alle blaam kan net voor hierdie man se deur gelê word nie.

Ja, wat hy gedoen het, is nie mooi nie. Maar jou vriendin se naïwiteit moet ook hier die skuld kry. In vandag se lewe kan ’n mens nie net ander vertrou nie.

Hierdie man het haar gebruik, maar sy was so verlief dat sy dit nie agtergekom het of selfs wou erken nie.

Sy het ’n harde les geleer, een wat haar hopelik nou baie wyser gemaak het.

Daar is mense in hierdie lewe wat enigiets sal sê en selfs sal pretend – net om jou uit te vreet.

Kom ons hoop daar is ander wat uit jou vriendin se ervaring leer en wakker pies begin eet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters