14 dae gelede
Vriendin se man jol met 'private prossie'
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

My man se vriend jol en ek wil graag sy vrou anoniem bel en haar vertel, maar wat as sy my nie glo nie?

Ek wil nie moeilikheid veroorsaak nie, Antie, maar dit is die reine waarheid.

Hy loop en vertel van sy slegtigheid oral, maar hoe kan ek aan sy vrou die waarheid bewys?

Ek weet hy gaan stry.

Die meid is net so ’n slegte teef wat met al die ou getroude mans lol.

Sy is ’n “private prossie” wat in haar ouers se jaart besigheid doen.

Sy bly in ’n hok wat ’n getroude man vir haar gekoop het. Ek is glad nie jaloers op die sleg teef, T wat in Selfhelp, Belhar, woon, nie.

Ek dink net aan die vrou en kinders.

Manne, julle is gewaarsku. Sy behoort teen dié tyd vigs te hê. – Klikbek van Belhar

Ja, dis altyd moeilik om dié soort storie oor te dra. Vertel haar reguit voor hom.

Of hoekom vat jy nie sy vrou na die hok toe as haar man daar is nie?

Sien is mos glo. . .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters