2 maande gelede
Vriendin se man cheat met sy vrou se bestie
 ~ 

Liewe Antie Mona

MY VRIENDIN is DT en is getroud met Avan BP.

Haar man het begin vreemd optree en sy kon nie verstaan wat aangaan nie.

Hy het laat in die nag begin chat en as sy hom hieroor uitvra, dan sê hy hy lees honderde boodskappe van group chats.

Antie, hy raak sommer op die couch aan die slaap van al die boodskappe lees.

Eendag kom sy vroeg van die werk af en kry hom vas aan die slaap met sy foon in sy hand.

Die foon was nog op charge en toe wil sy die charger uithaal om haar eie selfoon te charge.

Dis toe dat sy agterkom sy chats is nog oop.

Sy sien toe ’n message wat lees: “Jy stres my uit. Delete hierdie messages sodra jy wakker word, want netnou kom jou vrou op hierdie messages af.”

My vriendin het die grond aanbid waarop haar man loop.

Ek het saam met my vriendin gehuil toe sy my hiervan vertel.

Die meisie met wie haar man gechat het, is ’n ou vriendin van haar.

Die boodskappe tussen hulle was baie sexual.

Hulle het glad ’n troetelnaampie vir haar onderlyf gehad: Lucy.

My vriendin het amper van haar kop af geraak oor die boodskappe tussen haar man en M.

Toe my vriendin hom oor die boodskappe konfronteer, sê hy dat hulle nog nie face to face ontmoet het of seks gehad het nie.

Hy het belowe om nooit weer met haar te chat nie, maar ’n paar dae later kom sy weer af op pics van M op sy foon.

Hy sê toe hy is jammer, maar hy wou haar net happy birthday wish.

Klink die storie vir Antie reg?

Hy sê die getroude vrou wil hom nie uitlos nie en hy wou nie my vriendin nog daaroor upset nie, dis waarom hy niks gesê het nie.

My vriendin huil elke dag, want haar huislewe is deurmekaar.

Sy wil skei, maar hy weier om die papiere te sign.

Sy sê sy gaan nou in die huwelik bly ter wille van haar kinders, want dit breek hulle om te hoor sy wil skei en hulle sê hulle wil nie kies by wie om te bly nie.

Maar M het haar huwelik en lewe vernietig en dit maak my kwaad.

Hoe kry ek my eens gelukkige vriendin terug, sonder pyn en depressie? via WhatsApp

Net ’n happy birthday boodskap stuur, my selluliet.

Ek voel jou vriendin se pyn. Hierdie is die laaste ding wat sy verwag het, veral omdat sy onder die indruk was dat alles fine in haar huwelik was.

Haar man het social media vir sy eie spulsgeid ingespan en daar is niks wat dit regmaak nie.

Jou vriendin en haar kinders ly nou weens sy spulsgeid.

Om ter wille van die kinders te bly, los nie die probleem op nie.

Jou vriendin is in ’n uiters moeilike situasie, want sy moet haar eie ongeluk eenkant toe skuif ter wille van die kinders.

Daar is nie ’n maklike fix of antwoord nie.

Laat haar weet jy is altyd daar vir haar as sy wil praat. Nooi haar vir koffie, of julle girls kan ’n movie gaan kyk, of selfs gaan shopping.

Laat haar weet dat niks van die drama haar skuld is nie en daar steeds joys in hierdie lewe is.

As sy nie gaan skei nie, moet sy maniere vind om haarself gelukkig te maak.

Sy hoef immers nie die victim van haar man se sleggeid te wees nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters