Verlede maand
Vriendin se gehangery aan man krap aan haar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vriendin wat daarvan hou om aan my man te hang.

Dit kom al vir jare aan, toe ons nog gedate het, maar dit begin nou regtig aan my krap.

Veral omdat ek begin wonder of die twee nie ’n ding aan het nie.

My vriendin se man het so drie jaar gelede afgesterf en van daai tyd af moet my man spring om takies vir haar te doen.

Ek het aan die begin nie gemind nie, want ek het haar nogal jammer gekry.

En omdat daar toe nie ’n mansmens in die huis was om haar met takies in en om die huis te help nie, het ek aanvanklik gedink dis ’n goeie idee dat my man daar uithelp.

Maar nou kom sit die duiwel op my skouer en vra of my man my vriendin nie dalk ook in die slaap­kamer uithelp nie.

Hy sal sommer vroeg op ’n Saterdagoggend gaan om haar winkels toe te vat en iets by haar huis reg te maak. Dan kom hy eers vroegaand tuis en gaan shower dadelik.

As ek later die aand iets stouts wil doen, is sy verskoning dat hy moeg is.

In die verlede was hy nooit moeg vir seks nie, maar nou moet ek hom basies soebat vir ’n stukkie.

My vriendin praat deesdae ook nie meer so baie met my soos in die verlede nie. Sy sal eerder my man bel en dan is die twee baie lank op die phone doenig.

Ek het my man al gevra wie nou eintlik sy vrou is, toe raak hy kwaad en sê ek moenie vir my simpel staan en hou nie.

Is dit kleinlik van my om te voel my man skeep my af? Bekommerde Vrou, WhatsApp

Antie dink glad nie dat jy oorreageer nie, vrou.

Hierdie vriendin van jou se man het al drie jaar gelede gesterf en aan die begin was dit ’n mooi gedagte van julle om haar van hulp te wees.

Maar dis nou reeds meer as ’n duisend dae later en jou man kan nie vir ewig haar personal handyman wees nie.

Dis nie om nasty te wil wees nie, maar begin kry ’n bietjie goed wat jou man ook by julle huis kan besig hou. Hy kan maar dikbek wees oor die takies, maar dan kan jy hom counter deur te vra watter een van die twee dan nou eintlik sy huis is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters