14 dae gelede
Vriend spite nou vrou oor sy op hom gecheat het
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS S van B en my vriend is getroud. Omdat sy vrou op hom gecheat het, doen hy nou dieselfde aan haar.

Maak dit van hom ’n beter mens? Nee! Die feit dat hy en die derde party nie besef dat hulle met vuur speel nie, maak my bang.

Vir hom gaan dit net daaroor om sy vrou te spite of jaloers te maak. – S van B, WhatsApp

So, wat wil hy dan nou eintlik bereik? Wys dat hy ook qualify vir die Jol Cup?

Dis te verstane dat hy seer en teleurgesteld voel oor dit wat sy vrou aan hom gedoen het.

Maar om haar te probeer spite, gaan hom niks in die sak bring nie. Hy moet leer hoe om met sy seer te deal en aan te beweeg, nie hoe om ’n joller te mimic nie.

Ons moet aanbeweeg, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Stilstaan is nie die antwoord nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters