Verlede maand
Vier uur in verhouding maar kind is 9 maande
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN hierdie man is nou al vir vier uur in ’n verhouding.

Ons het ’n kind saam en hy het nog ’n kind by ’n vrou saam met wie hy bly.

Hierdie vrou wil nie hê dat hy ’n bond met ons kind moet opbou nie.

As hy wel tyd saam met ons kind spend, dan phone sy heeldag.

Sy gee dan ook my nommer aan haar mense om my te bel.

Ek het hom al gevra om nie meer sy voete by my huis te sit nie, maar hy sê ek wil hom van sy kind weghou, en dit is nie wat ek wil doen nie.

Ons kind is nou nege maande oud en ek wil graag hê hy moet weet wie sy pa is.

Maar sy vrou wil dit nie hê nie.

Hy het haar gesê toe ek swanger was, maar nou soek sy hom nie naby my nie. – Moedelose Ma, WhatsApp

Liefie, wat anders expect jy van hierdie man se vrou? Dat sy tevrede moet wees daarmee dat haar man huisie-huisie met ’n ander vrou speel?

Ek sien jy sê julle is al vier ure lank in ’n verhouding en dat jul kind nou nege maande oud is – clearly kan jy nie somme maak nie.

Nes jy nie somme kon maak en kon uitfigure dat probleem op probleem op jou wag as jy met ’n getroude man gaan slaap nie.

Mense het jou seker al in die verlede gewaarsku om weg te bly van hierdie getroude man, maar nee, jy wou mos in ’n vier uur lange verhouding met hom wees.

Ja, ’n kind het die volste reg om sy ouers te ken, maar ongelukkig gaan jy in ’n battle wees om jou kind daai voorreg te gee.

Tensy julle as volwassenes ’n compromise gaan uitwerk, gaan julle aanhou nasty wees met mekaar – tot nadeel van die kind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters