29 dae gelede
Verlief op volstruis, maar hy mishandel haar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS in ’n verhouding met Volstruis van K. Hy is 35 en ek is 27.

Ek is so lief vir hom, Antie, maar hy mishandel my.

Ek mag nie vriende hê nie. Wanneer ons dronk is, sien hy allerhande goed wat nie waar is nie. Wanneer ek dié dinge ontken, wil hy met my baklei of my met die mes steek. Hy het my al drie keer weens jaloesie gelem.

Gee raad, asseblief. – Verlief op Volstruis, WhatsApp

Wat ’n jaloerse Volstruis! Hy het jou al drie keer met ’n mes gesteek en jy is steeds by hom? Het jy dan ’n death wish, meisa?

Hoe langer jy by hierdie abusive Volstruis bly, hoe groter raak die moontlikheid dat hy jou eendag gaan vermoor.

Maak dat jy wegkom van hierdie ding.

Hy wil nie hê jy moet vriende hê nie, want hy wil jou isoleer en keer dat jy ’n support base opbou.

En, in Vadersnaam, hou sommer ook op om jou lewe so weg te drink. Die visse skinder seker al van julle suipery.

Begin ’n slag glo dat jy baie meer verdien as dit waaraan jy tans blootgestel word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters