12 dae gelede
Verlief op friendship
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS verlief op my vriend wat ek al oor die 15 jaar ken, maar hy is nie bewus van my feelings vir hom nie.

Ek is geskei en sover ek weet, is hy ook single.

Ons sien mekaar ook min want ons bly nie in dieselfde dorp nie.

Ek is bang om hom te sê hoe ek oor hom voel, want ek wil nie ons friendship opneuk nie en ook omdat ek nie weet of hy ook enige romantic feelings vir my het nie.

Ons het al in die verlede gevry en net om daaraan te dink, gee my weer butterflies in my maag.

Antie, ek is so verlief op my vriend, dis nie eens snaaks nie en as ons op WhatsApp chat, kan ek nie ophou smile nie.

En net om sy WhatsApp profile pic van homself te sien is asof hy voor my staan en ek raak verlore in sy oë.

Dink Antie ek moet hom sê hoe ek voel? Of moet ek net ons vriendskap geniet soos dit nou is?

Terloops, ons het albei kinders.

Hy is nege jaar ouer as ek, nie dat die ouderdom ’n verskil sal maak nie, want ons het ’n baie goeie verstandhouding. Verliefde Vriendin

Vir Antie klink dit asof julle ’n match made in heaven is.

Hoe julle twee nog nie bymekaar uitgekom het nie, sal net julle twee weet.

Dalk is dit omdat jul albei in die geheim bang is om die kans te waag?

Iemand sal moet plak vasmaak.

Hoekom vat jy nie die kans en kyk wat gebeur nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters