22 dae gelede
Verlief op eks se bestie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS T van C en soek dringend raad.

Hoe gemaak as jy verlief is op jou eks-man se beste vriend, maar hy is getroud?

Hoe maak ek, Antie? – Vol Vrae, WhatsApp

Liefie, die antwoord op jou vraag behoort heel eenvoudig te wees. Hierdie man is getroud!

Kyk, as hy single was, was dit mos ’n ander saak, hoewel daar steeds ongemak en selfs kwade gevoelens sou wees oor hy met jou eksman bevriend is.

Jou huwelik het nie gelast nie. So, moet asseblief nie in ’n ander vrou se marriage gaan krap nie.

Kry vir jou liewers iemand wat nie reeds aan ’n ander vrou behoort en geen bande met jou eksman het nie.

Antie is seker jy sal saamstem dat jou huwelik complicated genoeg was. So, hoekom jou lewe verder kompliseer?

Moenie dinge loop soek wat kon gebly het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters