2 maande gelede
Vergewe en vergeet, sê in-laws ná jolkind nr. 2
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DEUR die jare was ek die een wat alles in my huwelik ingesit het.

Ek is altyd die een wat vir almal regstaan. Wanneer hulle my nodig het, is ek daar.

Antie, ek is iemand wat alle ander goed net so sal los wanneer iemand in ons familie my hulp nodig het.

Selfs toe my man in ons huwelik by ’n ander vrou ’n kind gemaak het, was ek die een wat bereid was om hom weer ’n kans te gee.

Sy familie was kwaad vir hom en wou niks met hom te doen hê nie.

Ek was die een wat hulle oortuig het ons almal maak foute in die lewe.

Baie mense het gevra hoekom ek nie kwaad is en my man los nie.

Maar wat kon ek doen? Die meisie was reeds swanger en ek kan mos nie ’n onskuldige baba wegwens wat nie gevra het om hier te wees nie.

Ja, ek was diep seergemaak, maar ek het al geleer seerkry is deel van groei.

Ek en my man het vir terapie gegaan. Dinge tussen ons het daarna ’n tyd lank baie goed gegaan.

Totdat ek nou uitgevind het hierdie meisie is wéér swanger van hom. En vir my, Antie, is dit die laaste strooi hierdie!

Ek het hom die eerste keer vergewe omdat ek geglo het in die vows wat ons voor God afgelê het.

Maar ek kan my mos nie twee keer vir ’n pop wil laat vat nie.

Hierdie keer is almal nou skielik teen my.

Ek het my man om ’n egskeiding gedagvaar, maar nou is sy hele familie vies vir my.

Hulle hou dik my man verdien nog ’n kans. Nou verpes hulle my.

Elke dag wanneer ek uit die werk uit kom, staan hier ’n kar van een van my skoonfamilie­lede wat met my wil praat.

Ek is al so moeg vir hulle dat ek nie eens uit die werk uit wil kom nie.

Gelukkig staan ons twee kinders by my. Hulle weet deur watter hel hulle pa my gesit het.

Hoekom kan my skoon­familie dit nie ook só sien nie?

Hoekom wou hulle die eerste keer toe hy oor die tou getrap het, gehad het ek moet hom los, maar nou maak hulle asof ék die verkeerde een is?– Moeg van Baklei, e-pos

Antie is ever sorry, maar niemand het die reg om ’n vinger na jou te wys nie.

Soos met die eerste geval, is jy weer nie die jol villian in die verhaal nie.

Hoeveel kanse moet jy jou man dan anyway gee? Dis mos hy wat nie sy gulp kan toehou nie.

Vrou, hierdie keer doen jy net wat in die beste belang van jou en jou kinders is.

Laat jou skoonfamilie maar hulle monde rek. Hulle is anyway nie die mense wat deur hierdie pyn en vernedering moet gaan nie.

Jou en jou kinders se geluk behoort ook vir iets te tel. Staan vas in wat jy glo.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters