19 dae gelede
'Vandag se vroue bring nie hul kant nie'
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL vandag net my misnoeë uitspreek met vandag se getroude vroue.

Hulle het blykbaar niks by hul ma geleer nie.

Ek sê nie hulle moet slawe wees vir hul man en kinders nie, maar met wat deesdae aangaan, verbaas dit my nie dat só baie manne skelmpies het nie.

Die mans moet huishou en kinders was en aantrek terwyl vroulief rustig op haar gat sit en TV kyk of kyk wat op Facebook aangaan.

Die man was wasgoed en maak kos, want die vrou is moeg.

Baie van ons mans doen dit ter wille van ons kinders.

Dan brag hulle nog hoe lekker maak die man kos, want as hy dit nie doen nie, dan eet hulle eers 21:00.

Ek glo daar is baie mans daar buite wat só voel. Daar gaan mense wees wat sê jy het mos met daai vrou getrou.

Al wat ek vra, is bring jul kant en kyk na jou ma as ’n voorbeeld. Gatvol Man, WhatsApp

Oe, maar jy is bitter!

Hoe klink dit dan lockdown het ’n slaaf van jou gemaak?

Antie het nuus vir jou: Jy is dalk met ’n lui vrou opgeskeep, maar nie alle vroue is so nie. Beslis nie! Dáár maak jy ’n groot fout.

Dis nie ’n vrou se job om in die kitchen en bed reg te staan vir haar man, en om kinders soos die Dalton-broers in Lucky Luke groot te maak nie.

’n Huwelik is ’n joint venture waar albei hul kant moet bring.

Hoe weet jy daai ander getroude mans hou nie daarvan om hul vroue en kinders te bederf nie? Dalk is dit vir hom ’n absolute plesier om te help kosmaak en die huis aan die kant te hou.

Toegegee, daar is vroue wat maar nes sommige mans gat­hang en die hele dag in ’n gown spend sonder om ’n vinger te verroer.

Maar Antie glo hulle is in die minderheid, want anders het ons mos al met ’n klompie egskeidings gesit weens luigeid.

As jou vrou jou in jul huis rond order sonder om van hulp te wees, dan need jy om die issue met haar te bespreek. Saam moet julle dan ’n system uitwerk en op ’n way ooreenkom waarmee albei van julle happy sal wees.

Maar om almal nou oor dieselfde kam te wil skeer, is beslis nie die antwoord nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters