15 dae gelede
‘Uncle’ wil tiener se ‘red’ velvet cake vat en eet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 15 en my berk 23.

Hy het my gevra of ek lief vir hom is en toe ek ja sê, sê hy ek moet my liefde aan hom bewys deur hom van my red velvet cake te gee.

Ek het hom nog nie ’n antwoord gegee nie, Antie, want ek is nie seker wat om te doen nie.

Wat dink Antie moet ek maak? – M van Kalbaskraal, WhatsApp

Laat hierdie spulse jong soontoe loop skyt.

Daar is mos genoeg bakeries in Malmesbury as hy dan so lus is vir koek.

Dié jong is agter net één ding aan, liefie: Hy wil jou onskuld steel.

En as hy gekry het wat hy wil hê, gaan hy die pad vat.

Weet jou ouers ooit jy is met dié ouer, spulse man deurmekaar?

Hy is dan al amper so oud dat jy vir hom “uncle” kan sê.

Nee wat! Kry hom uit jou lewe en bepaal jou by die dinge wat ’n tiener soos jy besig behoort te hou. Dis baie beslis nog nie jou tyd vir grootmensdinge nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters