15 dae gelede
Tronkvoël berk wil nie samewerking gee nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET vier kinders. Twee van hulle woon by my.

My boyfriend is 31 jaar oud en het onlangs uit die tronk gekom.

Voordat hy tronk toe was, het ons saam drugs gebruik.

Ek is nou al amper twee jaar bekeer.

Ek is lief vir hom, maar hy kan of wil nie die drugs los nie.

Hy het nie eens ’n ID nie. Ek voel so jammer vir hom.

Antie, ek wil hom so graag help, maar hy gee nie sy volle same­werking nie.

Ek is nie bereid om my Goddelike lewe prys te gee nie. God het my diep kom uithaal.

Ek was 13 jaar aan dwelms verslaaf. My kinders en familie ondersteun my.

Wat moet ek doen? Hy is ’n dierbare mens, maar ek is nou op daai level waar ek nagte regop sit en wonder waar hy is.

Gaan dit reg wees as ek hom laat gaan? – via WhatsApp

Daardie lewe het jy agtergelaat. Jy het gesien hoe nie net jou lewe verbeter nie; jou verhouding met jou kinders is ook hegter.

Jy durf nie weer na so ’n lewe teruggaan nie.

Hierdie man hou jou terug en trek jou dalk net weer in ’n lewe waarin jy nie wil wees nie. Jy kan nie iemand help wat nie gehelp wil wees nie.

En hoe hartseer dit ook al mag wees, dit is in die belang van jou en jou kinders se geluk dat jy bande met hom verbreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters